![]() | ![]() | ![]() | ![]() | ![]() | ![]() |
---|---|---|---|---|---|
![]() | ![]() | ![]() | ![]() | ![]() | ![]() |
![]() | ![]() | ![]() |
WELKOM BY HOËRSKOOL PORTERVILLE
OP DIE VOORPUNT
TROTS - RESPEK - DISSIPLINE - BULLE

HSP BULLE
Hoërskool Porterville is met een doel gestig - om elke dag 'n ruimte te bou vir alle leerders om te groei, te leer en te skep. Deur middel van 'n unieke onderwysbenadering en 'n passievolle personeel help ons leerders om akademies en persoonlik tot die hoogste vlak te ontwikkel.
Ons nooi u uit om ons webwerf te verken en die akademici en gemeenskap wat Hoërskool Porterville aan elke student bied, te ontdek. Kontak ons vandag om 'n toer te beplan, meer te wete te kom oor inskrywings of enige ander vrae te stel.

Bemarking

HSP vier vanjaar sy 153ste bestaansjaar!
Ons streef daarna om te alle tye
Op Die Voorpunt
te wees met ons onderrig en alles wat daarmee verbandhou.
Ons is trots op ons skool wat pronk met 'n ryk geskiedenis van betekenisvolle herinneringe.
Ons deel graag met julle.
Kliek op die skakel hieronder om ons bemarkingsvideo te kyk.
Landbou

Ons boer vooruit!
Hoërskool Porterville is onlosmaaklik deel van sy landelike omgewing en is sedert 2017 as volwaardige landbouskool geregistreer.
HSP het hul eie Nethuis, Akwaponiese stelsel, Hidroponiese kweekhuis, RFID-skaaphanteringsfasiliteite, 'n hoenderhok met lê-henne asook 1 500 olyfbome op die terrein.
Kliek gerus op die skakel hieronder om meer van HSP se landbouprojekte te sien.
BulleBond

HSP staan saam!
Die Hoërskool Porterville BulleBond is die huis van oudstudente en ondersteuners van Hoërskool Porterville. Die strewe van die Bond is om die belange van hierdie skool en sy gemeenskap te dien en te bevorder.
Voorts strewe die Bond om die band tussen oudleerlinge, ondersteuners, ouers en studente van die skool te bou.
Volg die skakel hieronder om by die HSP BulleBond aan te sluit.
"GROOT genoeg om kompeterend te wees; KLEIN genoeg sodat elke kind tel."
No events at the moment

Kontak Ons
Voel vry om ons te kontak vir enige navrae!
Skoolhoof: Mnr. Cobus Louw
Adjunkhoof: Me. Marietjie Potgieter
Skoolhoof sekretaresse: Me. Nadia Prins
Ontvangs: Me. Elna Lombaard
ontvangs@porterhs.co.za
Finansies: Me. Alet Kriel
Sportorganiseerder: Mnr. Dawie Dyason
Bemarking & Fondse: Mnr. Heini Redelinghuys

.png)