Welkom by Hoërskool Porterville

OP DIE VOORPUNT

Trots  |  Respek  |   Dissipline  |   BULLE

HSP BULLE

Hoërskool Porterville vier vanjaar sy 156ste bestaansjaar en pronk met 'n ryk geskiedenis van betekenisvolle herinneringe terwyl die skool onwrikbaar "Op Die Voorpunt" van onderrig en innovasie bly.

As 'n skool wat sedert 2017 as 'n volwaardige landboufokusskool geregistreer is, word ons visie van "groot genoeg om kompeterend te wees, maar klein genoeg sodat elke kind tel" uitgeleef deur ons kernwaardes van trots, respek en dissipline. Ons missie is om relevante, toekomsgerigte onderwys binne ’n Christelike waardestelsel te bied en leerders toe te rus om met selfvertroue hul toekoms aan te pak.

Of dit nou in die klaskamer, deur ons Landbouprojekte of as die hegte gemeenskap van die HSP Bulle is - ons staan saam om die belange van ons skool te dien en te bevorder.

Kontak Ons

Vul gerus hierdie vorm in om met ons in kontak te tree oor enige navrae.