top of page

ATLETIEK

HSP is oor baie jare bekend as ‘n baie sterk en suksesvolle atletiekskool. Jaarliks presteer atlete van HSP op die hoogste vlak deur op Junior en Senior vlak aan SA-Kampienskappe  deel te neem.

Ook is die skool bekend vir die uitstekende en goed georganiseerde byeenkomste wat ons aanbied. Ons is bevoorreg om die afgelope twee jaar byeenkomste in die aand aan te bied a.g.v. die beskikbaarheid van spreiligte.

HSP beskik deur die jare oor bekwame en entoesiastiese afrigters en organiseerders.  Die kern van die atletiek-bestuur is:

Afrigters

Graad 1 - 3

Hekkies

Naellope

Middel- & Langafstand

Spiesgooi

Hamergooi

Gewigstoot

Diskus

Hoogspring

Verspring

Hoofkoördineerder

Alfreda Hanekom & Beatrix Boonzaaier

Madelein Janse van Rensburg        

Louise Nel

Heini Redelinghuys

Paul Mouton

Barnie Marais

Demi-Ann James & Adriani Engelbrecht

Barnie Marais

Salomé Jordaan & Taryn van Romburgh

Dewald van Deventer

Madelein Janse van Rensburg

Fanuel Zimri behaal pragprestasie by die Wes-Kaap Atletiekkampioenskappe

Met sy goue medalje vir 2000m hindernis het Fanuel die 3de plek op die ASA-ranglys (965 ASA-punte) behaal by die byeenkoms.

Hy word ook as die Victor Laudorum Seuns Baanatleet van die dag aangewys.

Wat 'n uitsonderlike prestasie! HSP bars van trots!

bottom of page