top of page
redenaars_IMG_2557_edited.jpg

debat & redenaars

Debat & Redenaars

Leerders kry die geleentheid om vanaf die tweede kwartaal aan ‘n vriendelike en kompeterende bekgeveg deel te neem. Die debatte is onvoorbereid en vind informeel plaas. Spanne kry die geleentheid om mekaar uit te daag en die stryd aan te sê. Die spanne se vordering word deur die loop van die jaar op ‘n telbord ten toon gestel. Op hierdie wyse word die hele skool betrek om deel te raak van hierdie opwindende woorde-wedloop!

 

Deelname aan die interne debat is gratis, maar leerders moet betaal om aan die eksterne kompetisie deel te neem.

bottom of page