Die Boompie Word Geplant
Hoërskool Porterville staan op stewige fondamente. Dit is belangrik, want uit die verlede kan jy baie van die toekoms te wete kom, as jy maar mooi kyk. Die geskiedenis van hierdie skool getuig van vasberadenheid en die wil om te slaag, al was die pad soms met uitdagings besaai. Ons, die ouers en gemeenskap, glo in hierdie skool!
HSP BULLE
Die skool se VISIE is om ‘n inrigting van uitnemendheid te wees waarop ouers, leerders en opvoeders trots kan wees en waar gebalanseerde jongmense ontwikkel word.
Die MISSIE is om te streef daarna om ‘n vooruitstrewende leerorganisasie met ‘n christelike karakter te wees wat toekomsgerigte, relevante onderwys bied aan lewensblye, gedissiplineerde en betrokke leerders (met visie) deur ‘n doelgerigte en werktevrede onderwyskorps met die hulp van ‘n betrokke gemeenskap.

Hoërskool Porterville se Geskiedenis
Ons Storie
Die dorp het in 1863 totstand gekom toe Frederick John Owen, een van die oorspronklike 1820 setlaars ‘n gedeelte van sy plaas in erwe opgedeel het.
Tenspyte van die feit dat ons ‘n klein dorpie aan die rant van die Swartland is, is ons tog internasionaal bekend. En dit nogal vir iets heel ongewoons, naamlik die lugstrome teen die Olifantsrivierberg wat ideale omstandighede is vir hangsweef en jaarliks kom honderde geesdriftiges om vanaf ‘n lanseerplatform op die Dasklippas net buite die dorp, dié lugstrome te troef.
Die onderwys het ook ‘n lang en trotse geskiedenis hier by ons. Die eerste staatsondersteunde skool is in Januarie 1870 geopen met 82 leerders en een onderwyser, ‘n mnr. J.V.M. McClean van Caledon.
Ons huidige kompleks is reeds die vierde skoolgebou en is in 1957 voltooi. Op daardie staduim het ons ongeveer 300 leerders en 15 onderwysers gehad. Vandag het ons 510 leerders en 25 opvoeders.
Die skool was aanvanklik ‘n primêre skool, vanaf 1917 ‘n sekondêre skool en drie jaar later ‘n hoërskool. Vandag is ons ‘n gekombineerde skool en bied ‘n tuiste vir leerders vanaf Graad 1 tot Graad 12.
OUD-HOOFDE
Sedert 1870 het die skool slegs 15 skoolhoofde gehad. Die wie die langste hier was, is mnr. G.F. Pienaar (27 jaar), mnr. H.J. van der Spuy (24 jaar) en dr. G.F. Hugo (20 jaar). Aan die ander kant het mnr. J.H. Neethling (sommige bronne verwys na hom as mnr. J.H. Meiring) slegs 'n paar maande as skoolhoof gedien.

Mnr. W. Engelbrecht
2009-2020

Mnr. F. Breytenbach
2006-2009

Mnr. T.M. O’Kennedy
1995-2005

Mnr. J.N. Joubert
1991-1994

Mnr. M.J. Hattingh
1982-1990

Mnr. R.A. van der Merwe
1974-1982

Mnr. J.D. Slabbert
1969-1973

Mnr. J.J. Vosloo
1965-1969

Dr. G.F. Hugo
1944-1964

Mnr. M.V. Botha
1940-1943

Mnr. G.J. Pretorius
1932-1940

Mnr. H.J. van der Spuy
1908-1932

Mnr. G.F. Pienaar
1880-1907

Mnr. J.H. Neethling
1880
