top of page
DSC09100_edited.jpg
IMG_2882.JPG

NETBAL

Ons skool se netbal is gesond en wemel van talent. Afrigters word op gereelde basis aan afrigtings- en skeidsregterskursusse blootgestel en aangemoedig om hulself te kwalifiseer as gegradeerde skeidsregters en geakkrediteerde NSA afrigters. Ons is trots op ons netbal. Ons dogters neem met entoesiasme deel en streef om altyd op die voorpunt te wees. Afrigting geskied met ywer en kundigheid.

Die netbal in die skool bestaan uit die volgende spanne :

Laerskool: 

O/7, O/8, O/9, O/10, O/11, O/12, O/13

Hoërskool:

O/14, O/16, 6de, 5de, 4de, 3de, 2de, O/19

Die O/7 - O/9 spanne speel mini-netbal.

Daar is gewoonlik 2 spanne per ouderdomsgroep indien daar genoeg dogters belangstel. Dogters speel slegs in hul eie ouderdomsgroep.

Al die hoërskool dogters wat nie in die A of B spanne opgeneem word nie, val in by die 3de tot 6de spanne. Ons kies ‘n Top 10 groep waaruit die 1ste span gekies word, die res vorm outomaties die reserwes vir die 1ste span. Hierdie groep van elite spelers word uit die ouderdomsgroepe 0/15-0/19 verkies met uitsondering dat ‘n besondere talentvolle jonger speler ingesluit kan word. Daarna word die 0/16A en 2de spanne verkies en so volg die res van die spanne. Die 0/14 spelers word geleidelik ingelei in die hoërskool netbal deur hul in een groep te behou.

Afrigters

O/7A & B

O/8A & B

O/9A & B

O/10A & B

O/11A & B

O/12A

O/13A & B

O/14A & B

O/15A & B

O/16A & B

O/17A & B

O/19B & C

TOP 10-GROEP

Hoofkoördineerder

Alfreda Hanekom

Hetta van der Merwe

Wilmarié Kriel

Dané Kemp

Trieneke Theron

Jeanne Kriel 

Jeanne Kriel 

Leslynne van Wyk

Leslynne van Wyk & Demi-Ann van Zyl

Ninien Breytenbach

Salomé Jordaan

Elmarie Breytenbach & Shané van Antwerpen

Marietjie Potgieter & Ester de Jager

Salomé Jordaan

Ons is geaffilieer by HS & LS Wes-Kaap Netbal en val in die Weskusstreek, een van ses streke wat onder Weskus Skole netbal sorteer. Ons spelers word op gereelde basis ingesluit in Weskus en of Wes-Kaapspanne vir die ouderdomsgroepe 0/12 tot 0/18. Ons netbal vaar goed in die Weskusstreek. Ons neem jaarliks deel aan die Weskus Topskole kompetisie, en het tot dusver baie suskes hierin behaal.

Ons is bevoorreg om 'n SA Afrigter, Me. M Potgieter by die afringting van die 1ste span te hê.

In 2019 het Marli George haar SA 0/16 klere verwerf.

IMG_2923_edited.jpg
bottom of page