top of page
Search

Hoërskool Porterville Gr. 11 Landbou Besproeiingskursus

HSP se gr. 11 Landbouleerders het vanaf 12-14 Augustus 'n besproeiingskursus bygewoon. Die kursus is aangebied deur Annemari van der Westhuizen van die Suid-Afrikaanse Besproeiings Instituut (SABI). Die leerders het uitstekend gedoen en elkeen 'n sertifikaat ontvang. Top presteerders: 1. Wandré de Beer, 2. Ruben Venter en 3. Micheal Giliomee. Ons bedank graag die volgende rolspelers: Kaap Agri (venue), Agrico (hoofborg), SABI asook vir Fan Olivier wat sy plaas beskikbaar gestel het vir die praktiese afdeling van die kursus.


HSP Landbouleerders doen ook die volgende kursusse as deel van hul kurrikulum: sweis, draadspan, wolklas- en skeer, wingerd- en steenvrugte snoei, asook dierehantering.



21 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page