TENNIS
Die skool neem aan die Laerskool- en Hoërskool Weskus Tennisliga deel. Die liga bestaan uit 'n 1ste- en 2de spanne. In elke liga speel 'n seuns- en dogtersspan wat uit 4 spelers elk bestaan.
Ons is bevoorreg om elke jaar 4 spanne in die Laerskool, asook Hoërskool in te skryf.
By die Laerskool oefen daar ongeveer 20 kinders wat 'n baie goeie toekoms vir tennis voorspel.
Afrigters
Graad 1 tot 3
Laerskool Tennis
Hoërskool Dogters
Hoërskool Seuns
Hoërskool Beginners
LS Hoofkoördineerder
HS Hoofkoördineerder
Ester de Jager & Hetta van der Merwe
Jeanne Kriel & Jessie Liebenberg
Lindie Naudé
Heini Redelinghuys
Elmarie Breytenbach
Jeanne Kriel
Heini Redelinghuys
Heinrich Redelinghuys (O/12), Braam Theron (O/10) en Edrich Redelinghuys (O/10) het oor die naweek van 9 tot 11 Oktober aan die Platteland Tennisproewe in Caledon deelgeneem. Die O/12 Weskusspan het goud verwerf en die O/10 Weskusspan het 'n silwer losgeslaan.
Dieselfde drie spelers het die naweek van 8 tot 8 November vir Boland Platteland gespeel. Braam Theron en Edrich Redelinghuys, beide deel van die O/10 span, wen goud. Heinrich Redelinghuys wen ook goud as lid van die O/12 span.