top of page

VCSV

Driaan Pretorius van die NG gemeente Piketberg is in beheer van die VCSV by HSP. Driaan behartig die opleiding van ons kringleiers (Maandag aande om 18:00) asook die grootgroep byeenkomste elke derde Woensdag. Driaan is ook Woensdae teenwoordig wanneer daar kringe gehou word. Daar is ook geleenthede waar die Gr. 1-4 asook die Gr. 5-7’s Christelike aanbiedings en opvoeding ontvang van baie bekwame ouers vanuit die gemeenskap. 

 

Ons VCSV is daarop gemik dat ons leerders kan toerus met ‘n baie goeie norme en waarde sisteem wat gegrond is op Jesus, ons Verlosser. Ons glo dat ons by HSP ook ‘n dramatiese verskil in ons leerders se gedrag gaan sien namate hulle nader aan Jesus beweeg. God is immers in ons elkeen, het reeds ons sondes en al ons siektes op Hom geneem en oorwin (deur Sy genade) met Sy kruisdood en opstanding. Ons moet dit net glo en daarvolgens lewe, soos oorwinnaars.

​

Ons het ook 'n "Spokie"-stelsel waar die kringleiers een keer per kwartaal by die perosneel "spook" met 'n geskenkie. Die personeel "spook" dan ook terug aan die "naamlose" kringleier. Aan die einde van die jaar word die spokies bekendgemaak en dit is altyd 'n verrassing om die gesig by die "spook" te sit.

bottom of page