top of page
Familieplase.jpg

HSP LANDBOU

Ons boer vooruit!

Hoërskool Porterville is onlosmaaklik deel van sy landelike omgewing en is sedert 2017 as volwaardige landbouskool geregistreer.

HSP het hul eie Nethuis, Akwaponiese stelsel, Hidroponiese kweekhuis, RFID-skaaphanteringsfasiliteite, 'n hoenderhok met lê-henne asook 1 500  olyfbome op die terrein.

LANDBOUBESTUURSPRAKTYK

Search

LANDBOUTEGNOLOGIE

Hoërskool Porterville bied twee Landbouvakke aan waarvan Landboutegnologie een is. Hierdie vak bied ons leerders die geleentheid om praktiese vaardighede aan te leer. Met 'n toegeruste werkswinkel, 'n akwaponiese stelsel, 'n RFID-skaapstelsel en 'n nethuis, kry ons leerders die nodige blootstelling om hul toe te rus vir indiensneming ná skool.

Ons is trots op die wyse waarop ons Landbou ons skool Op die Voorpunt hou! Kyk gerus die video om bietjie te sien wat ons Landbouleerders alles aanvang

bottom of page